ALLES BEGIN MET GOD- Dag 1- Die doelgerigte LEWE- Rick Warren

ALLES BEGIN MET GOD

“God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is:…

Alles is deur Hom en vir Hom geskep.”

Kolossense 1:16

Dit gaan nie oor jou nie.

JOU LEWENSDOEL IS VEEL GROTER AS JOU PERSOONLIKE VERVULLING, JOU INNERLIKE VREDE OF SELFS JOU GELUK. Dit is veel groter as jou gesin, jou loopbaan of selfs jou wildste drome en ambisies.

As jy wil weet waarom jy op die planeet geplaas is, moet jy met God begin.  Jy is deur sy doel en vir sy doel gebore.

Die soeke na die doel van die lewe laat mense al 1000de jare kopkrap.  Dis omdat ons gewoonlik bydie verkeerde plek begin- ONS SELF.

Ons vra selfsugtige vrae soos:

  • Wat wil ek word?
  • Wat moet ek met my lewe maak?
  • WAt is my doelwitte?
  • Wat is my ambisies?
  • Wat is my DROME?

So ‘n klem op ONS SELF sal egter nooit ons lewensdoel duidelik maak nie.

Die BYBEL sê ” Hy het al wat lewe, in sy mag, die asem van elke mens.”

Jy het jouself nie geskep nie , dus kan jy mos nooit vir jouself vertel waarom jy geskep is nie!

As ek jou ‘n uitvindsel gee wat jy nog nooit gesien het nie, gaan jy nie weet waarvoor dit is nie, en die ding sal ook nie vir jou kan sê nie. Net die uitvinder of eienaar se handleiding sal wys waarvoor dit bedoel is.

Net in God ontdek ons ons

  • oorsprong
  • identiteit
  • betekenis
  • doel
  • sin
  • lotsbestel.

Elke ander pad is ‘n doodloopstraat.

Baie mense prober God vir hul selfverwesentliking gebruik, maar dit keer die natuur op sy kop en sal beslis misluk.  Jy is vir God gemaak en nie andersom nie.

JY IS DEUR GOD EN VIR GOD GESKEP-

EN DIE LEWE SAL EERS SIN MAAK AS JY DIT VERSTAAN.

Om sukses te behaal is daar hope selfhelpboeke wat die stappe gee:

  • Dink aan jou drome.
  • Bepaal jou waardes.
  • Stel doelwitte.
  • Weet wat jy goed doen.
  • Mik hoog.
  • Trek los!
  • Wees gedissiplineerd.
  • Glo jy kan.
  • Betrek ander.
  • Moet nooit touopgooi nie. Natuurlik kan die aanbevelings dikwels tot groot sukses lei.
  • SUKSES IS EGTER NIE DIESELFDE AS OM JOU LEWENSDOEL TE VERVUL NIE! 

Jy kan al jou persoonlike doelwitte bereik en volgens di wêreld se standard ‘n reuse sukses wees, maar steeds die doel mis waarvoor God jou geskep het.

Die BYBEL sê “… want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.” Matt16:25

Om jou lewensdoel te ontdek, moet jy die wysheid in God se Woord raadpleeg, nie die wêreld se wysheid nie.

Jy moet jou lewe op ewige waarhede bou, nie op sielkunde, suksesmotivering of inspirerende verhale nie.  

Die BYBEL sê :

“Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het.  So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit”

Ef 1:11

-Jy ontdek jou identiteit en doel deur ‘n verhouding met Jesus Christus.

God het aan jou gedink nog lank voordat jy ooit aan Hom gedink het.

Sy doel vir jou lewe dateer al van voor jy verwek is.  Hy het dit beplan voordat jy nog bestaan het,

en sonder jou insette!

Jy kies moontlik

jou loopbaan,

jou gade ,

jou stokperdjies,

maar jy kies nie jou doel nie.

-Jou lewensdoel pas in ‘n veel groter kosmiese doel wat God vir die ewigheid ontwerp het.


Iets om oor na te dink:

DIT GAAN NIE OM MY NIE

Vers om te onthou:

Alles is deur Hom en vir Hom geskep.”

Kolossense 1:16

Besprekingsvraag:

Hoe kan ek myself- ondanks al die reklame om my-

herinner dat dit eintlik daarom gaan om vir GOD te leef,

en nie vir myself nie?

Share this post



Leave a Reply

FORGOT PASSWORD ?
Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.
We do not share your personal details with anyone.