Die DOELGERIGTE lewe. Inleiding

Wat op aarde doen ek nou eintlik hier?

Na aanleiding van ‘n boek wat ek vandag in my boekrak onder die stof kry.  DIE DOELGERIGTE LEWE – Rick Warren .  Wil ek dit oor die volgende 40 dae met julle deel.

Ek weet nie  by wie of wanneer ek die boek gekry het nie , maar ek het dit eenvoudig nog net nie gelees nie. Want sien ek lees nie graag nie, die van julle wat my ken sal ook weet.  Ek lees die BYBEL en dit is waar dit begin en stop,  ek het sekerlik al ‘n paar boeke in my lewe begin  lees, maar een van die moeilikste goed is om ‘n boek klaar te maak.  Hoekom weet ek nie presies. Dit is asof dit net te lank vat en dan los ek sommer net!  Kan jy nou meer, ek mis eintlik soveel uit …”maar dit is hoe dit is” sou ek maar altyd reken en vandag besluit ek tot hier en nie verder.

Vanmiddag ervaar ek toe, die boek is ‘n moet. En al manier wat ek dit sal lees is as ek dit vir iemand anders moet doen. Daarom lees ek dit met die doel om te DEEL , uit te gee , want dan weet ek sal ek dit so maklik kan doen, want dit is hoe die HERE my aanmekaar gesit het.

EK sal daagliks ‘n opsomming van wat ek gelees het met julle deel, maar beveel aan dat julle die boek self kry. 

DIE DOELGERIGTE LEWE – Rick Warren

Bl 9-11

Wat op aarde doen ek nou eintlik hier? Die doel is om aan die einde van die reis  te weet wat God se doel met jou lewe is en die groter opset te verstaan- hoe al die stukkies van jou lewe ineen pas. Dit sal jou besluite makliker maak en jou stresvlakke laat daal.

JOU VOLGENDE 40 DAE

Deesdae is ‘n gemiddelde leeftyd 25 550 dae.  Dis hoe lank ‘n tipiese persoon sal leef. Dink jy nie dis slim om 40 van die dae opsy te sit om te leer wat GOD wil he jy moet met die res darvan doen nie?

Dit is uit die Bybel duidelik dat God 40 dae as ‘n belangrike geestelike tydperk beskou.

WANNEER GOD IEMAND VIR SY DOELWITTE WOU VOORBEREI, HET HY DIT OOR 40 DAE LAAT STREK:

  • Noag se lewe is deur 40 dae se reën verander.
  • Moses was na 40 dae op die Sinai-berg ‘n ander mens.
  • Die verkenners was na 40 dae in die Beloofte Land ander mense.
  • Dawid se lewe is deur Goliat se uitdaging van 40 dae verander
  • Elia het verander toe God hom 40 dae se krag uit ‘n enkele maaltyd gegee het.
  • Die hele stad Nineve het verander toe God die mense 40 dae tyd gegee het om hulle reg te ruk.
  • Jesus is deur 40 dae in die wildernis bemagtig.
  • die dissipels is deur hul 40 dae saam met Jesus na sy Opstanding verander.

DIE VOLGENDE 40 DAE GAAN JOU LEWE VERANDER.

Die BYBEL sê“laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.  Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van GOD is…”

4 DINGE WAT JOU SAL HELP.

Aan die einde van elke dag is daar ‘n afdeling waarin jy die volgende sal sien.

  1. Iets om oor na te dink.  Dit is ‘n brokkie WAARHEID met ‘n opsomming van ‘n beginsel van ‘n doelgerigte lewe waaroor jy die dag kan nadink. Paulus het vir Timoteus gesê: ” Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.”
  2. ‘n Vers om te onthou. As jy jou lewe wil verbeter , is die belangrikste gewoonte om die Skrif in jou geheue te bêre.
  3. ‘n Vraag om oor na te dink.  Die vrae sal jou help om  na te dink oor die implikasies van wat jy gelees het. (kry vir jou ‘n boekie en skryf jou antwoorde neer.  Die beste manier om jou gedagtes agtermekaar te kry, is om hulle neer te skryf.)
  4. Deel dit met iemand.  Deel dit op jou “Facebook” blad of praat met iemand oor die beginsel van die dag.  Ware geestelike groei is nooit ‘n afsonderlike , individuele ding nie.

DIE BESTE MANIER OM GOD SE DOEL VIR JOU LEWE TE BESKRYF, IS OM DIE SKRIF SELF TE LAAT PRAAT-  DIE BYBEL.

DAT JY DIE GEVOEL VAN HOOP , ENERGIE EN VREUGDE WAT JY KRY AS JY ONTDEK WAAROM GOD JOU OP HIERDIE AARDE GEPLAAS HET SAL ERVAAR.

KOM ONS SPRING WEG!

Share this post



Leave a Reply

FORGOT PASSWORD ?
Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.
We do not share your personal details with anyone.